Wat is ‘n mammogram? Mammografie is ‘n beeldingstegniek wat spesifiek ontwerp is vir borsbeelding. Lae energie en gevolglik lae dosis x-strale word gebruik om ‘n foto van die borste te neem met die doel om borskanker op te spoor en/of te onderskei van ander...
More
Wat is ‘n mammogram? Mammografie is ‘n beeldingstegniek wat spesifiek ontwerp is vir borsbeelding. Lae energie en gevolglik lae dosis x-strale word gebruik om ‘n foto van die borste te neem met die doel om borskanker op te spoor en/of te onderskei van ander nie-kwaadaardige oorsake van ‘n borsknop of -massa. Tydens die studie word die vroulike/manlike bors tussen ‘n kasset en pedaal geplaas om die deursnit van die bors te verminder. Verbeterde tegnologie het daartoe gelei dat die borste nie meer so erg gedruk hoef te word soos in die verlede nie - vra maar vir Ouma! Alhoewel sommige pasiënte dit steeds ongemaklik of selfs pynlik ervaar, is dit egter noodsaaklik om te doen aangesien dit beter beeldkwaliteit en laer bestralingsdosis aan die bors verseker. Van watter ouderdom moet ek evalueer word vir borskanker? Alle vroue het ‘n risiko om borskanker te kry, selfs al is daar nie ‘n familiegeskiedenis van borskanker of ‘n tasbare knop nie. Daarom moet alle vroue in hul vroeë 30’s evalueer
Less